Aksie Samaritaan

posted in: Blog | 0

 

 

Aksie Samaritaan is ‘n nie winsgewende organisasie wat werksaam is onder die Haweloses in Kuilsrivier.

Deur ‘n Sopkombuis in die week en Kerkdienste op Sondae, lewer hulle dienste aan die Haweloses in Kuilsrivier

Die Sopkombuis

Maandae tot Vrydae berei 180+ mense in Kuilsreivier, Bellville en Brackenfell, op ’n rotasie basis, ongeveer 40+ liter sop per dag voor vir die Sopkombuis. Daar word ook ongeveer 18 tot 26 brode per dag geskenk wat saam met de sop uitgedeel word aan die hawelose mense wat die Sopkombuis besoek.

 

Hoeveel mense kry kos?

Dit wissel tussen 60 en 110 mense ‘n dag, afhangende watter tyd van die maand dit is. Aan die begin van die maand wanneer mense hulle SASA toelae ontvang het is daar minder mense wat kom kos haal, aan die einde van die maand voor die toelae uitbetaal, is daar ongeveer 90 tot 110 mense wat by die Sopkombuis opdaag.

 

Waar kom die fondse en voorraad vandaan?

Finansiele skenkings/donasies van plaaslike kerke en indiwidue in Kuilsrivier word gereeld ontvang.

Elke Vrydagoggend vroeg kom ongeveer 10 vrywilligers in die NG Kerk Kuilsrivier se kombuis bymekaar om pannekoeke te bak, te strooi en te verkoop as fondsinsameling vir Aksie Samaritaan. Hierdie donasies en die winste van die Pannekoek Projek, help dat Aksie Samaritaan bly voortbestaan, dit hou die Sopkombuis se deure oop, waar ons saam  met die sop spanne duisende mense maandeliks van ‘n ete voorsien.

 

I

 Statestieke