Bekendstelling van die Gemeenskapsadvertensieprojek

posted in: Blog | 0

Saam bou ons Kuilsrivier en omgewing

 

Inleiding:
Kuilsrivier Area is vol klein ondernemings en huisgebaseerde besighede wat ons gemeenskap dra. Baie van hulle kry nie altyd die sigbaarheid wat hulle verdien nie. Daarom het Die Agie-Ads die Gemeenskapsadvertensieprojek begin – ’n platform waar ons elke week ’n plaaslike besigheid uitlig en ondersteun.

Hoe werk dit?

  • Eerste plasing: GRATIS (geen verpligting om voort te gaan daarna)
  • Tweede plasing: HALFPRYS (indien jy weer wil adverteer)
  • Daarna: VOLPRYS – jy kies self of jy gereeld of sporadies wil voortgaan.

Elke besigheid wat deelneem, kry sigbaarheid op vier platforms:

Waarom dit belangrik is:
Hierdie projek gee klein- en huisegebaseerde besighede ’n kans om nuwe klante te bereik, hul stories te vertel en deel te wees van ’n groter gemeenskapsnetwerk. Dit is nie net advertensie nie – dit is vennootskap en trots.

Hoe jy kan inskakel:
As jy ’n besigheid het – groot of klein, van ’n winkel tot ’n huisgebaseerde onderneming – stuur vir ons:

  • Jou besigheid se naam
  • ’n Foto
  • ’n Kort beskrywing van jou aanbod
  • Jou kontakbesonderhede

Ons het ‘n kalender waarop jou ad gedagboek word, waarna jy ‘n beurt kry om as Gemeenskapsadvertensie van die week geplaas te word.

Ons skop die eerste week van April 2026 af. Intussen kan jy solank jou inligting stuur.

Afsluiting:
Saam kan ons ’n sterker, trotse Kuilsrivier bou.
💙 ’n Projek gebring deur Die Agie-Ads.